VN hier vir ambassade ontruiming! - Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg (2024)

Die swart joernalis, Andile Mngxitama, skryf op 12 Desember 2012 “Studente van revolusies is deeglik bewus daarvan dat “the revolution comes in the night like a thief”. Maar, sê hy, ‘n skrander student sien al die tekens lank voordat die revolusie uitbreek. Die maghebbers sien dit nie raak nie en is dan geskok en glo hulle ondersteuners het hulle verraai.”

Hy beskou 2012 as die jaar waarin die finale revolusie in SA begin het. Eerstens, sê hy, was daar die Marikana-slagting, gevolg deur die Lenasia sloping van huise en laastens, die plaaswerkerstaking in De Doorns. Hierdie drie gebeurtenisse was, volgens Mngxitama, die afskop van ‘n volskaalse revolusie in Suid-Afrika wat nie meer gekeer kan word nie.

Mngxitama se waarskuwing omtrent die slagting by die Marikana-Wonderkop, sluit aan by Siener se gesig van 6 Maart 1914 waarin hy hierdie revolusie in drie fases voorspel — dit sou ook die begin wees van ons volk sy laaste smeltkroes en suiweringsproses, het hy gesê: “Aan Rustenburg se kant brand ’n vuur anderkant die bult (die Marikana-Wonderkop) nie ver van Pretoria nie” (vuur is ‘n teken van geweld, bloedvergieting en doodslag). Hierdie is die eerste fase of die begin van die revolusie.

In die tweede fase sien hy ’n Misvuur brand in Johannesburg (die nagaanval — in Siener se tyd was dit algemeen bekend dat swartes misvure maak, en gewoonlik ook net saans wanneer hulle klaar gewerk — hierdie gesig dui dus op geweld wat in die aand of nag in Johannesburg gaan uitbreek.) In die derde fase sien hy baie mense in Bloemfontein sterf “Aan Bloemfontein se kant is ’n swart wolk vol mense” (Met genl. De la Rey se dood het Siener ook ‘n “swart wolk” bokant Lichtenburg gesien — maar hierdie keer is die wolk “vol mense” — baie gaan dus sterf. Terselfdertyd sien hy “Tussen ons borrel die potte” (dis ‘n burgeroorlog).

‘n Hele aantal ander visioene van hom is in die afgelope 12 maande letterlik vervul of tans besig om in vervulling te gaan. En daar is oorgenoeg “tekens” dat die blankes dalk spoedig eers werklik die Almagtige se swaard van vergelding oor hulle sal voel gaan. Diegene wat dink ons is reeds by daardie punt “waar jy nie jou hand voorn jou oë kan sien nie”, moet maar weer ‘n slag gaan dink!

Kyk mens na gebeure om jou, lyk dit of die mensdom besig is om mekaar letterlik te verskeur en dood te trap op die glybaan na totale chaos en selfvernietiging. Hoekom? Hoekom het ons oënskylik reeds alle beheer oor ons menswaardigheid verloor?

Kan dit wees omdat die wêreld vandag vasgevang sit in die greep van hartelose, arrogante, egoïstiese en Godlose leiers? Voormanne na wie volgeling en onderdaan opgekyk het om koers en rigting; maar pleks van hulp en leiding te ontvang, is hulle deur hierdie voormanne gebreinspoel om vandag self Godloos, leierloos, identiteitloos, kultuurloos, herderloos, volkloos, koersloos en bestemmingloos te wees.

Desnieteenstaande al die liberaliste se oorwinnings en suksesse, kon hulle egter nie daarin slaag om ‘n klein handjievol wie se harte na regs neig (Pred. 10:2) ook op sleeptou te neem en te mislei nie. Soos Totius tereg sê: “Die wêreld is ons woning nie”. Want hierdie klein minderheid ken die spraak van hul Leier, hulle oor is daarom ook ingestel vir die stem van Sy profete, profete wat Hy nét na húlle toe gestuur het. Die dwaas wie se hart na links verloop het, ken Sy stem nie en verkondig daarom sy eie sotheid en kan net die stem van sy afvallige “leier” hoor. (Spreuke 12:23, Joh. 8:38).

Toe mnr. Boy Mussmann op ‘n dag vir Siener vra “Hoe is dit mogelik dat hulle (die afvallige dwase) nie kan sien dat hulle verkeerd is nie?” was sy antwoord: “Die Heer het hulle oog vir my gewys, dit was wit, soos ’n dier wat blind is en dit peul uit. Ons kan hulle nie oortuig nie…”

Om nou te hoor wat een van ons profete vandag vir ons wil sê, moet ek teruggaan na 1992 toe ek ‘n brief uit Marble Hall van mnr. W.H. Boshoff ontvang het. Hy skryf o.m.: “Ek stuur aan u twee oorspronklike briewe (nog in hulle oorspronklike koeverte) wat wyle mnr. Boy Mussmann aan my geskrywe het. Ek het toe nog in die destydse Suid-Rhodesië gewoon. Die wonderwerk is dat die twee briewe bewaar gebly het en met die opruimingswerk drie maande gelede te voorskyn gekom. En hoe bly was ek tog nie daaroor nie!”

In die briewe lees ons van Siener se gesig waarin hy gesien het dat vreemde magte ons nog eendag vanuit die noorde gaan binneval; magte wat uit ‘n “mengelmoes van ras, taal en geloof” sal bestaan. Destyds was ons van mening dis swartes uit die verskillende Afrika-buurstate. Maar die gebeure van die afgelope paar weke het my laat besef dat Siener hier waarskynlik verwys na die VN magte se koms vanuit Zimbabwe. In dieselfde visioen sien hy ook dat “die blanke boere in Suid-Rhodesië (Zimbabwe) hier na ons kant toe vlug …. En as die laaste een padgegee het,” sê hy, “dan begin óns dinge.” Hierna verskyn ‘n “swart wolk (bloedvergieting en dood) vanuit die Ooste (Rusland?) en kruip oor Europa wat dit in ’n duisternis hul soos die nag”. (Die huidige burgeroorlog in die Oekraïne gaan nog wyer uitkring).

Later sien hy ook dat dinge in die kerke deurmekaar is en dat ons moeilikheid in die parlement gaan begin.

Ek bepaal my hier slegs by enkele visioene en hoe dit ooreenstem met gebeure van die dag.

Vreemde magte vanuit die noorde

In vorige artikels het ons reeds berig dat VN troepe en wapentuig oraloor in Suid-Afrika opgemerk is; ons het selfs foto’s gepubliseer van pantsers wat in werkswinkels herstel word. Maar nóg die weermag, nóg die ANC regime wou ‘n woord gerep óf ‘n verduideliking gee oor waarom die troepe en wapens hier is. Die volgende inligting oor die VN se bedrywighede in SA het al sedert 2012 tot nou toe “uitgelek”:

  • In Januarie 2012 land ‘n eenheid VN troepe en werktuigkundiges in Suid-Afrika.
  • Verskeie VN kampe word dadelik deur hulle opgerig – een van die grootstes lê tussen Pietersburg en Tzaneen.
  • ‘n Groot hoeveelheid weermagtoerusting, asook pantservoertuie, ens., wat in Pretoria naby Snake Valley gestoor was, is deur die VN opgekoop, herstel en na die Tzaneen-kamp verskuif.
  • Die VN se teenwoordigheid hier kan ook nie meer betwis word nie; en tog swyg die ANC regering, weermag en media steeds hardnekkig daaroor. Hoekom? Wat skuil agter hierdie vreemde maneuvers?
  • Dit blyk dat die wapenvervaardiger, BAE Land Systems se OMC-afdeling in Benoni ’n belangrike rol hierin speel. Dié firma is al jare bekend vir die pantserkarre wat hy vir die SuidAfrikaanse weermag en polisiediens vervaardig. Van die bekendste make is die Casspir MKVI, die Mamba MK2, die Olifant MK2B en die Okapi bevelsvoertuig. Van hierdie pantsers gebruik SA ook vir sy sogenaamde “vredesoperasies” in Afrika en die witgeverfde voertuie is almal AU gemerk.
  • Verder het dit ook aan die lig gekom dat BAE Land Systems heelwat nuwe pantservoertuie vir die VN maak — oënskynlik vir “toekomstige operasies” in die land. Die voertuie wat vir dié doel vervaardig word, is, soos alle VN voertuie, wit geverf, maar vertoon SANW-nommerplate.
  • Na Manela se dood het berigte oor die VN en sy wapentuig in SA net so skielik weer doodgeloop.

VN Wapentuig vanuit Zimbabwe na SA – foto Mariska

  • Dit was tot 26 Februarie 2015. Op daardie dag ontvang ons ‘n aantal foto’s van Mariska, (‘n handelsreisiger van Pietersburg) van laebak-trokke gelaai met pantservoertuie wat van oorkant die Zimbabwe-grens deur Musina na Suid-Afrika op pad is. Sy het die konvooi teëgekom op die pad tussen Dendron en Alldays, en sy sê dit was opvallend dat die trokke nie die hoofpad (N1) van Musina na Louis Trichardt gebruik het nie, maar sekondêre ompaaie gevolg het. Op sy beurt het mnr. Johan Coetzer van Louis Trichardt ook op 26 Februarie vir ons ‘n video-opname gestuur van dieselfde laebak-trokke. Daar was altesaam 22 in die konvooi — soos op meegaande video gesien kan word.
VN hier vir ambassade ontruiming! - Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg (1)

Valse gerugte is onmiddellik versprei dat die VN pantsers nodig was vir die “beheer” van die Lesotho-verkiesing. En al wat ons tot dusver uit weermagkringe kon vasstel, is dat die VN hier is om bystand te verleen wanneer die Amerikaanse en ander ambassades, asook BBP die land moet verlaat sodra daar ‘n totale kragineenstorting plaasvind. ‘n Werknemer van die Nasionale Intelligensiediens sê hulle kantoor het ‘n tydjie gelede ‘n Red Letter-brief (hoogs geheim en uiters belangrik) van die regering ontvang waarin gewaarsku word dat die krag tot 24 maande “af” kan wees. Die rede wat aangevoer is, is dat daar soveel chaos, wanorde en anargie landswyd sal woed dat geen herstelwerk aan kragstasies moontlik sal wees nie! (Hierdie inligting gee ons deur soos ons dit ontvang het).

As die laaste Zimboere padgee

Met hierdie gesig kry ons een van die belangrikste tekens wat Siener gegee het vir wanneer “ons moeilikheid gaan begin”. Hy het gesien hoe die laaste boere in Suid-Rhodesië (Zimbabwe) al hul besittings agterlaat en halsoorkop hier na ons kant toe vlug. Selfs terwyl hulle vlug, word daar op hulle geskiet.

En alles dui daarop dat hierdie skrikwekkende gebeure binne drie maande dalk nog ‘n werklikheid kan word.

Die Kommersiële Boere Unie (CFU) van Zimbabwe het onlangs gesê daar was ten minste 20 “voorvalle” op eiendom wat aan wit mense behoort oor die afgelope paar weke. Volgens Hendrik Olivier, CFU se direkteur, “word die boere ingelig dat hul tyd in Zimbabwe verstryk het. Sommige Boere kry 90 dae, sommige kry 45 dae, en sommiges kry 30 dae om boerderybedrywighede klaar te maak en om die eiendom te ontruim. Meer as 40 boere het die sogenaamde art. 8-kennisgewings ontvang, wat beteken hulle moet hul plase binne 90 dae ontruim.” Hierdie wetgewing dwing nie net produktiewe boere van hul plase af nie, maar dit kan ook Zimbabwe se einde beteken. ’n Chroniese tekort aan buitelandse valuta veroorsaak dat produksiekoste baie hoog is en infrastruktuur verkrummel. Zimbabwe staar die vooruitsig in die gesig dat die boerderyhorlosie 60 tot 70 jaar teruggedraai gaan word. Net 44 van sowat 170 plase in dié vrugbare landbou-distrik het oorgebly nadat die regering sy grondhervorming in Februarie 2000 begin het.

Die minister van grondsake, grondhervorming en hervestiging, Douglas Mombeshora, het nou openlik oorlog verklaar teen blanke boere in die Mashonaland-gebied. Hy beoog om teen Junie vanjaar alle blankes van hul plase te verwyder. Intussen het pres. Mugabe op sy 91ste verjaarsdag gesê: “Ons het nie meer die wit mabn nodig om ons te lei nie; ons beskik nou oor ons eie vaardighede!”

Jakob Zuma en sy span beskik oor dieselfde vaardighede ook net in tru-rat.

(Hierdie boere is al in 2000 deur Mugabe gewaarsku dat hy hulle nog gaan wegjaag; maar hulle het geglo dinge sal verander.)

Swart wolk oor Rusland

Mnr. Joos Haasbroek skryf in 1995 aan my: “Oom Klasie voorspel dat die langdurige en bloedige rewolusies in Afrika nog skaars verby sal wees, of ’n burgeroorlog gaan in die Sowjetunie uitbreek…” Dit was toe ook so. In 1994 verklaar Tsjetsjenië hom onafhanklik van Moskou; die onafhanklikheid is egter nie erken nie, en pres. Boris Jeltsin stuur meer as 80 000 Russiese troepe om die Tsjetsjeense ‘rowernes uit te roei’. Volgens hom was die hele bevolking vanTsjetsjenië kriminele. En in die burgeroorlog wat drie jaar sou duur, het ook duisende Russiese soldate gesterf. Jeltsin gee toe bevel dat die inwoners van Tsjetsjenië in bomkelders gedryf moet word, waarna brandstof daaroor gespuit en dit aan die brand gesteek is. Nagenoeg 40 000 Tsjetsjene is in die inferno lewendig verkool.

VN hier vir ambassade ontruiming! - Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg (2)

Hierna, sê Siener, volg daar ‘n tweede burgeroorlog in Rusland, want “ek sien ’n seeppot met vuur onder in die ooste van Europa in Rusland” (dit kan net die huidige konflik tussen Kiëf en die Krim wees.)

“En dit gaan ’n ontsaglike burgeroorlog wees!” sy eie woorde. Met die bloedige gevegte wat nou reeds ‘n jaar lank in die Oekraïne woed, staar Rusland ’n groter krisis in die gesig as met die 1917-rewolusie. En pres. Poetin beskuldig Obama openlik daarvan dat hy doelbewus die vure aanblaas om ‘n wêreldkonflik te ontketen.

In ‘n verslag wat op 6 Maart deur die Veiligheidsraad van die Russiese Federasie (SCRF) uitgereik is, word gewaarsku dat Rodina (Moedertjie Rusland) voor die “mees gevaarlikste tyd in haar geskiedenis” te staan gekom het, en gereed maak om haar met alle beskikbare mag te verdedig teen Amerika, wat ‘n vasal staat van die Europese Unie Konfederasie is, en op die punt staan van totale ineenstorting.

Wat hierdie verslag nog meer onrusbarend maak, is dat Lord Jacob Rothschild, van die Rothschild bankfamilie, pas ook ‘n soortgelyke waarskuwing uitgereik het deur te verklaar dat die wêreld nou verstrik sit in die mees gevaarlike geopolitieke situasie sedert die Tweede Wêreldoorlog. En dit kan enige dag ontplof.

Siener het voorspel dat hierdie burgeroolog in Rusland net die voorloper is van die 3de en laaste Wêreldoorlog. Hy stel dit so: Skielik verskyn die oorloggesigte weer voor my: wolke wat bloed reent, emmers vol bloed. En ’n verskriklike groot vuur wat brand … Dan slaan die aarde brand en sien ek ’n gesig van ’n aaklige oorlog; van perde met bloed wat van die perde se stange sal afloop.

Mense in die Donetsk, ‘n idustriële stad op die Kalmuisrivier, en veral in die Lugansk Oblast (provinsie), beleef nou al ‘n jaar lank hierdie aaklige verskrikking. Terwyl daar nog koerante in Lugansk gepubliseer was, het ons verteenwoordiger daar, Elena Kuznecowa, die volgende aangrypende stuk oor toestande in die stad geskryf:

VN hier vir ambassade ontruiming! - Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg (3)

“Die meeste stede en dorpe in Oos-Oekraïne is reeds deur die Kiëf-magte verwoes, en sowat 450 000 inwoners van Lugansk het sedert die begin van die oorlog al (na Rusland) gevlug. Daar is nie meer sprake van ‘n normale lewe nie. Nog net die swart murasies van die huise staan, bome lê ontwortel, die winkels is leeg, die hospitale donker, koud; alles om jou is in ligte laaie; oral knetter vlamme, hang dik rookwolke. Die strate is verlate, behalwe vir die enkeles wat kop onderstebo by ‘n dooie waak met die hoop iemand daag op om te help en in hul smart te deel. Ou mense dwaal rond, struikel oor die puin, val, sukkel weer orent, en dwaal dan verder, opsoek na ‘n krummeltjie kos, ‘n kraan waaruit daar nog water drup, ‘n skuil plekkie. Party staan net daar tussen die puinhope en huil; soms hoor jy hulle roep. Na wie? Na God? Na ‘n geliefde?

“In hierdie stad het my mense méér as alles verloor; daardie ingebore menswaardige lieflikheid is uit hul harte geruk, hulle het niks meer nie, geen tuiste, geen werk, geen motor, geen vriende, geen gesin óf familie nie. Baie het ook alle hoop én vrede verloor…”

Elena het vir ons meer as 30 foto’s (wat sy self geneem het) gestuur van die onmenslike toestande wat daar heers. Ons het die foto’s en berigte via haar vriend in Port Elizabeth, Antonius, ontvang. Sy probeer al maande lank om uit die Krim pad te gee en na Suid-Afrika te kom, maar sy is op elke manier deur die owerheid gekeer om die land te verlaat, en nou het sy gevra dat ons asseblief in hierdie saak vir haar moet bid.

Volgens Siener van Rensburg sal die huidige burgeroorlog in Rusland verskriklik wees en terwyl dit aan die gang is, sal die wêreld net magteloos staan en toekyk. Die stryd in die Oekraïne kan ongetwyfeld gereken word as een van die aakligste burgerooloë wat die mensdom nog beleef het. En daar is nog geen einde in sig nie.

Kyk na die parlement

Die EFF het met oproer en mynstakings soos by Marikana, probeer om die land ekonimies te breek en oor te vat, maar misluk. Daarna bestorm hulle die politieke veld en probeer die baasskap in die parlement oorneem, en hulle misluk weereens. Malema kan ook ‘n staatsgreep probeer, maar in hierdie stadium sal dit ook misluk. ‘n Ander opsie is om, soos by Marikana, met stakings sake te probeer besleg, maar stakings is nooit volhoubaar nie. Al wat dus nou nog oorbly, is ondergrondse guerrilla tegnieke, en Malema is goed daarin onderrig. Gewapende opstand, brandstigting, plundering, ontploffings, ens., is al tradisie en elke swarte, van klein tot groot ken dit al — die kuns om wet en orde net nek om te draai.

‘n Persoon wat nie sy/haar naam genoem wil hê nie en ‘n lid van die polisie is, sê: “Die SAPS Intelligensiediens het inligting ontvang dat die Nag van die lang messe nou bespreek word onder sekere groepe van die swart bevolking. Dit word ook bespreek deur swart lede van die SAPS en dit is duidelik gestel dat die meerderheid polisie offisiere min of selfs niks sal doen om op te tree teen die aanvallers nie.”

Volgens die inligting beteken dit dat blanke nie die nodige beskerming sal hê wat ‘n mens van die polisie sou verwag nie.

Mnr. Johan Coetzer wat aan ons die meegaande video gestuur het, sê daar is in die hele Pretoria nie ‘n enkele kapmes (panga) by ‘n hardeware winkel te koop nie. ‘n Handelaar het onlangs nog by hom gespog dat hy 1 000 kapmesse per dag verkoop. Wie weet, miskien word hy nog ‘n slagoffer van een van sy kapmesse!

Siener sê kyk na die parlement in Kaapstad, want daar gaan dit begin. Dan sien hy hoe hulle mekaar uitmoor. Daar is reeds genoeg wrywing tussen kroeshaar en platneus.

Dit het met Zuma se staatsrede begin. Malema is verneder en uitgesmyt (die klein kryger word verslaan — sy assegaai le op die grond); maar wat min mense besef, is dat hy meer skade aangerig het as wat die ANC sal wil erken — hy het Zuma se diktatorskap uitgedaag, hom verneder en ontbloot. Nou dreig hy selfs om die wapen op te neem.

Dis ongelukkig so dat die ANC regering nie die polisie óf weermag het om ‘n guerilla-oorlog te ontlont nie. Zuma besef dit en het betyds vir hom ‘n veilige skuiling ingerig.

Die aand van sy staatsrede het hy geskater lag terwyl Malema-hulle uit die parlement geboender word. Net soos Dingaan ook gelag het toe van sy onderdane wat hom nie nederig genoeg gegroet het nie en met knopkieries doodgeslaan is. Zuma se tweede naam is nie verniet Gedleyihlekisa nie. Dit beteken juis “ek sal lag as iemand my benadeel”, en verseker gaan dit nie daar eindig nie!

Maar as die ANC Malema-hulle weer op 11 Maart 2015, wanneer Zuma vrae oor Nkandla moet beantwoord, uit die parlement verjaag, gaan daar bloed loop. So het ‘n EFF-lid verlede maand in die Sowetan geskryf.

“Want,” sê hy, “die swart jeug is opstandig en moeg; opstandig omdat hulle in krotte moet bly, opstandig omdat daar nie vir hulle krag en water is nie, en hulle is moeg gewag, moeg vir beloftes wat die wind elke keer wegwaai, maar veral is hulle moeg om niks te hê nie, terwyl Zuma, sy vroue en hulle vrinne alles het!”

En hoe gaan Zuma hierdie “onreg” regstel? Wat kan hy vir hulle opdis om hul honger te stil? Hy het in sy staatsrede aangekondig dat hy die Oneienings Wet nog hierdie jaar deur die parlement geloods gaan word. En net soos met die minerale regte kan dit nie meer gekeer word nie.

Afrika gebruik ken net één resep, en dis al oor en oor beproef en werk elke keer — revolusie, revolusie om van jou grootste vyand ontslae te raak. Maar wié is daardie vyand?

Kom ons kyk.

Die Belgiese Kongo, Zambië, Angola en selfs Mugabe het dieselfde resep destyds in Matebeleland en Zimbabwe gevolg, en hy het niks oorgekom nie. Met EEN klap kan Zuma ook TWEE vliee doodslaan. Die oomblik toe Malema op die toneel verskyn, het hy geweet: “Hier my oplossing. Malema sal met die witnerwe afreken, en sommer terselfdertyd ook 16 Desember 1838 vir my wreek.”

Probleem opgelos?

Nee, ongelukkig nie. Want die profeet het nog altoos die laaste woord gehad: “Van al hulle goed uitgewerkte plannetjies sal niks kom nie…”

NG Kerk loop leeg

Die NG Kerk het in die afgelope paar jaar amper 100 000 lidmate verloor en 12 000 sinode-lede. Vyf jaar gelede in 2010 het Rapport in ’n hoofopskrif die skoknuus uitbasuin: “NG Kerk verloor 10 588 in ’n jaar.” Maar vier jaar later, in 2014, verloor die NG Kerk meer as 35 000 lidmate, en volgens die statistieke in die 2014-jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke was dit die meeste lidmate wat die kerk nog ooit in sy geskiedenis in een jaar verloor het.

Dr Kobus Gerber beweer dat ‘n belangrike rede is dat die NG Kerk “nie meer rassisme duld nie.” Prof Nelus Niemandt is meer pragmaties: “Daar is verskeie redes daarvoor: Afname in geboortes, emigrasie en algemene sekularisasie van die bevolking.”

Maar dis veral die kerk se verwerping van apartheid en die debat rondom die Belhar-belydenis wat baie lidmate so die josie in gemaak het dat hulle geloop het. Hulle is ook ontevrede met die manier van evangelieverkondiging en die feit dat preke deur die sinode geskryf word met hooftemas liefde, vergiffenis en versoening, en laastens is daar die kerk se algemene onvermoë om in mense se geestelike behoeftes te voorsien.

Dieselfde vraag wat ons vantevore aan De Klerk en sy Nasionale Party gevra het, is nou weer ter sprake, nl. as dit wat hulle gedoen het (die vrylating van Mandela, die ontbanning van die ANC en die afskaffing van apartheid), dan so ‘n goeie ding was soos wat De Klerk steeds volhou, en skaamteloos sweer dat hy dit wéér sal doen as die geleentheid hom net wil voordoen, waarom het die NP dan tot niet gegaan?

Dis nie net die NP wat uit die laer gedros het nie, maar van ons bekendste regsgeleerdes, professore, medici, wetenskaplikes, koerantredakteurs, sakemanne, onderwysers, predikante en ook die sogenaamde room van ons skrywers, het ook fluks die afdraaipad gevat.

Kort nadat Mandela vrygelaat is, het twee van ons Hertzogpryswenners, Etienne van Heerden en André P. Brink, deelgeneem aan een van die ANC se reuseoptogte ter viering van hul nuutgevonde vryheid. Brink het later erken dat hy tydens die optog vir ‘n swart kroeshaarnooi ogies gemaak het en ‘n uur of wat later met haar in die bed gespring het. Op sy beurt het Van Heerden weer verklaar: “Dit was so bevrydend, so wonderlik om na jare van apartheid ‘n hand te kon uitsteek en te sê ‘ek is jammer’. En agterna het hy by sy kinders gaan spog: “Dit was my bydrae vir ‘n goeie saak…”

Watter goeie saak? wil ‘n mens vra. En hoe op godsaarde is dit moontlik dat ‘n ‘goeie saak’ só gou, só sleg kan ruik?

Die N. G. Kerk se ‘goeie saak’ het net so vinnig verrot, veral nadat die veroordeelde bedrieër, dief en leuenaar, Alan Boesak se Belhar-belydenis die NG Kerk binnegeval het.

Terloops, Belhar het nogal ‘n onsmaaklike geskiedenis wat datteer uit die dae van Jesaja. Dit was vir hom net so ‘n liederlike turksvy! En die N.G. Kerk kan gerus hiervan kennis neem.

Ek haal aan uit Jesaja se hemelvaart*: 1:8-9 “En Balkira sal Sammael voor Manasse dien, en sal al sy planne uitvoer; en Manasse sal ’n dissipel word van Belhar eerder as van my. En daar is baie in Jerusalem en in Judea wat hy sal laat wegdraai van die ware geloof; en Belhar sal sy woning by Manasse maak en deur sy hande sal ek in twee gesaag word.” – * ‘n uitgawe van Vaandel Uitgewers 2004.

2:4-5 “En Manasse het sy eie hart weggedraai om Belhar te dien, want die engel van wetteloosheid wat die heerser van hierdie wêreld is, is Belhar…Toordery en goëlery en waarsêery en voorbodes en ho*rery en owerspel het vermeerder, asook die vervolging van die regverdiges deur Manasse en Balkira en Tobia die Kanaäniet.”

2:11-13 “Nou Belhar het gaan woon in die hart van Manasse en in die harte van die prinse van Juda en Benjamin, en die koning se eunugs en raadgewers. En wat Balkira gesê het, het Manasse groot plesier verskaf en hy het Jesaja laat arresteer. Want Belhar was veral woedend vir Jesaja oor sy visioen, en oor sy blootstelling van Sammael, en omdat dit deur hom was dat die Geliefde Een se verlating van die sewende hemel bekend geraak het, en sy transformasie, en sy afdaal na die aarde, en die beeld waarin Hy sou verander (dit is die beeld van ’n mens), en die vervolging waaraan Hy onderwerp sou word, en die folteringe wat die seuns van Israel op hom sou bring, en die roeping en opdragte van sy twaalf dissipels, en dat Hy voor die Sabbat gekruisig sou word aan die boom…”

Die hemel word yster

‘n Mens wonder oor hierdie verskriklike droogte, maar is dit nie dalk nou die straf vir die Ja-stem in 1992 nie? Ons het verwag dat die Kaap sou sneuwel, maar dit was soos ‘n skelm mokerhou toe ons verneem die Ja-stem het beide Vrystaat én Transvaal ook planke toe gestuur. Onder hulle was daar darem mense wat teen De Klerk se satansplan gestem het, maar by verreweg het die oorgrote meerderheid juigend Ja gesê. Ja vir rugby, ja vir krieket, ja vir tennis … ag, sommer ja vir alles! Behalwe natuurlik vir God. Hy was nie eers in die prentjie nie!

En nou? Nou het die hemel yster geword en die aarde soos koper (Lev. 26:19), en niemand weet hoekom nie. Maar almal kla, soek na redes: dis klimaatsverandering; dis El Niño; dis onstabiele weerpatrone; die maan staan verkeerd; die wind waai verkeerd, en, môre sal dit reën. Maar die hemel glim soos yster, en Hy wat daar woon, kyk ander pad!

In baie opskepskottels is daar alreeds net koue pap en koue stampmielies. Die krane het opgedroog, die damme is leeg. En ons wonder, wié dink nog aan daardie kruisie wat getrek is en waarmee aangedui is staan die Ewig-Lewende op hulle prioriteitslys?

Ironies dat dit juis bitter sleg lyk in die Vrystaat en groot dele van Transvaal. Terwyl boere landerye met verdorde mielies in Bothaville in die Vrystaat afgesny het, is misoeste in dié omgewing as die ergste in meer as 20 jaar beskryf. Ons land se invoer infrastruktuur sal hulleself gereed moet maak om onder geweldige druk geplaas te word omdat ons geen groot invoere onlangs gedoen het nie. Dan is daar ook nog die probleem dat die regering geen geld het om te betaal vir invoer van mielies nie.

Johan Rautenbach het gesê hy ploeg sy mielies in die grond, omdat hy niks anders daarmee kan maak nie. “Die mielies dra geen koppe nie, daar is geen voedingswaarde vir kuilvoer nie.” Wat insetkoste betref, verloor hy R8,000 per hektaar. By die graansilo, waarvan hy ’n mede-eienaar is, ontvang hulle gewoonlik 45,000 ton mielies per seisoen. Hulle verwag om vanjaar ’n skamele 10,000 ton te ontvang.

“Meer as die helfte van die oeste is daarmee heen. Indien dit nie gou reën nie, is twee derdes daarmee heen,” sê hy en hy verwag dat die prys van witmielies op Safex ver bo R3,000 per ton gaan verhandel.

Tati Schoeman, wat naby Rautenbach boer, sê boere se “beste, beste grond” het niks gelewer nie.

Hy sê mielies kan temperature van 32°C hanteer. Maar toe word dit 37°C en 38°C en die mielies is daarmee heen.

Hoewel boere verlede jaar ’n goeie jaar beleef het, sê hy, het hulle twee jaar gelede ook ’n misoes gehad. “Vanjaar het ons ’n katastrofiese misoes. Dit tas jou menswees aan. Jy kry nie ’n boer wat nie ’n geloofsmens is nie. Ons leef in geloof.”

Vraag: Waar was daardie geloof toe hulle God in 1992 uitgestem het?

Hy het my verlos…

Ons bevind ons vandag in dieselfde posisie waarin Dawid verkeer het toe hy voor die Filistyn-reus gestaan het, en vir wie Saul só bevrees was dat hom gewaarsku het: “Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is ‘n seun, en hy is ‘n krygsman van sy jeug af!”

Maar Dawid het geen vrees vir Goliat gehad nie, want hy het geweet wié hy is, waar hy vandaan kom en dat sy bestemming in die holte van sy Vader se hand is. Daarom kon hy later jare bely: “Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.” (Psalm 18:18)

Siener het dit nie ook net geweet nie, maar net soos Dawid het hy ook geweet wié sy volk is, waar hulle vandaan kom en wat hulle eindbestemming is, daarom kon hy profeteer:

“In Suid-Afrika is daar ’n seuntjie en ’n kaffertjie. Die kaffertjie het net ’n ou sak om sy lyf (die swartes in Afrika se haglike omstandighede.) Dan kry die twee struweling — botsing tussen swart en wit; maar sommer met die bymekaarkomslag, kry die wit seuntjie die kaffertjie in ’n dodelike greep beet sodat hy uit sy ou sak gly … nakend, en die swart seun slaan op die vlug in ’n noordelike rigting na waar hy vandaan gekom het…”

In hierdie “dodelike greep” met die “bymekaarkomslag”, sien ek Dawid se “gladde klippe” wat hy in die spruit gaan soek het; sien ek die Almagtige se wonderwerk waarvan Siener gepraat het en waaroor die ganse wêreld nog verstom sal staan!

VN hier vir ambassade ontruiming! - Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg (2024)
Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Golda Nolan II

Last Updated:

Views: 5366

Rating: 4.8 / 5 (78 voted)

Reviews: 93% of readers found this page helpful

Author information

Name: Golda Nolan II

Birthday: 1998-05-14

Address: Suite 369 9754 Roberts Pines, West Benitaburgh, NM 69180-7958

Phone: +522993866487

Job: Sales Executive

Hobby: Worldbuilding, Shopping, Quilting, Cooking, Homebrewing, Leather crafting, Pet

Introduction: My name is Golda Nolan II, I am a thoughtful, clever, cute, jolly, brave, powerful, splendid person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.